Vryspraak (Afrikaanse Digbundel)

Vryspraak (Afrikaanse Digbundel)

Sep 22, 2021

"Deel van jou Liefde"

Uittreksel uit Vryspraak

 

Saai jou liefde in my gees,

sê vir my jy wíl by my wees,

maak oop my hart, sonder vrees

sal jy jóú naam op elke blad lees!

 

Dink aan my voor jy gaan slaap,

sodat ons sáám jou droomland maak,

ons kan vlieg en sweef – aan die wolke raak;

dink aan my wanneer jy ontwaak.

 

Vat my hand en sit dit op jou wang,

maak toe jou oë – ek weet jy is nie bang,

laat my toe om jou hart te vang,

dan deel ons die liefde in ons sang.

 

Deel met my alles wat jy voel,

ons is werklik vir mekaar bedoel.

https://www.buymeacoffee.com/gvzonline/e/44181

Enjoy this post?

Buy Gordon Frank van Zyl a coffee

More from Gordon Frank van Zyl